Fondsinsameling

CFWA_Logo_on_grey

“Renoster red is vet pret”, was die leuse van die Voortrekkers se gemeenskapsprojek vir 2018.  Die projek het ondersteuning gebied aan “Care for Wild” wat spesialiseer in die red en rehabilitasie van Renosterkalfies in die Krugerwildtuin wie se ouers deur renosterstropers vermoor is.

Alle Voortrekkers regoor Gauteng, Mpumalanga, Noordwes en Limpopo het aan die projek deelgeneem deur oulike Renoster spaarbussies vol te maak.  Die Voortrekkers het op die wyse R100 000 insamel om Renosterkalfies sent vir sent te help red.

Ons by Die Kruin Kommando het ook die gemeenskapsprojek ondersteun. Elke span het ‘n oulike Renoster Spaarbussie ontvang wat hulle gedurende die jaar kon vol maak.  Ons as Kommando het ‘n totaal van R1 523.55 ingesamel.